DA vra ondersoek na Jhb-metropolisie en moontlike moord-sindikaat
Die DA eis ‘n volledige ondersoek na bewerings oor ‘n sindikaat vir die huur van moordenaars in die Johannesburg Metro-polisiedepartement. Dit volg na die teregstellingstylmoord op ‘n senior ondersoeker Benedict Sithole, wat verbind word met die beweerde misdaadoperasie. Na wat berig word verskaf lede van die JMPD wapens, waaronder aanvalsgewere, aan misdadigers vir kontanttransito-rooftogte. Solomon Maila van die DA moedig JMPD-beamptes aan om die wet te gehoorsaam en nie self gewelddadige misdade te pleeg nie: