Dis Wêreldbevolkingsdag vandag

Wêreldbevolkingsdag word elke jaar op 11 Julie gevier. Die dag is in die lewe geroep om bewustheid te verhoog oor die groot kwessies rondom globale bevolkingsgroei en die impak daarvan op ontwikkeling en volhoubaarheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Mirjam Shihepo, woordvoerder van die Namibiese Statistieke-agentskap, wat ‘n oorsig gee van plaaslike vieringe.