Publiek deurslaggewend om dwelmhandel hok te slaan

‘n Hele aantal dwelmfondse is die afgelope paar maande deur die polisie gemaak, spesifiek groot hoeveelhede dagga. In byna al die gevalle het Nampol gesê die arrestasies was te wyte aan polisie-intelligensie en inligting wat hulle ontvang het. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid, Hermie van Zyl, gesels oor die belangrikheid van inligting wat deur die publiek verskaf word, veral met die toenemende hoeveelhede dwelms wat die land binnekom.