Mosiehof: N$57,4m opgeëis

Daar was vanoggend 76 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof in die hoofstad. Regters Harold Geier en Essie Schimming-Chase het vanoggend se sessies hanteer. Kommersiële banke het 40 aansoeke gebring, 19 van hulle as reël 108 aansoeke. ‘n Totaal van 16 lenings met uitstaande skuld van 21,1 miljoen Namibiese dollar is opgeëis terwyl daar 36,2 miljoen dollar uitstaande is op 21 eiendomme. Drie voertuie is teruggevra. Regter Collins Parker sal Maandag 46 onverdedigde egskeidings hanteer.