Starmer en kie sal invoerverbod op jagtrofeë deurvoer

Die Arbeidersparty in Brittanje het bevestig dat die trofee-verbod in die land voortgesit sal word. Dit het ‘n reuse-impak op die Namibiese jagbedryf en volgens plaaslike media berigte kan die land soveel as 260 miljoen Namibiese dollar verloor. Die verbod sluit sogenaamde beskermde spesies in, wat olifante byvoorbeeld, insluit. Finland en België oorweeg ook so verbod. Lynminister Pohamba Shifeta het die besluite erg gekritiseer. Trofeejag is uiters belangrik vir Namibië en terwyl die jagters net 3 persent van toerisme uitmaak, beslaan hulle besteding 20 persent van die totale inkomste.