Braverman gee ‘idiotiese strategie’ skuld vir Tory nederlaag
Die voormalige Britse minister van Binnelandse Sake, Suella Braverman, pak die skuld vir die Konserwatiewes se nederlaag in die verkiesing op die gewese eerste minister, Rishi Sunak. Sy sê sy idiotiese strategie het kiesers soos gekke behandel. Die Arbeidersleier, Keir Starmer, is die nuwe eerste minister na sy party se oorweldigende oorwinning Donderdag. Braverman, wat glo voorberei om aanspraak te maak op leierskap na Sunak se bedanking, sê die Tories het verdien om te verloor. Sy voer ook hoë belasting, hoë immigrasie en belaglike politieke korrektheid aan as redes vir die uitslag.