WP, Bulle takel mekaar vanmiddag

Rugby: Die aartsvyande Westelike Provinsie en die Bulle sluit vanmiddag die eerste naweek van die Curriebeker-Premiersafdeling in Kaapstad af. Afskoptyd op die Kaapstad-stadion is om 3. Gister het die Cheetahs die Pumas 82-20 afgeransel in hulle kragmeting in Bloemfontein. Die tuisspan het sewe drieë en ‘n strafdrie behaal en die Pumas kon net antwoord met ‘n verdoelde drie, ‘n strafdrie en twee strafskoppe. Die seisoen het Vrydag afgeskop toe die Pumas Griekwas in Kimberley geklop het, terwyl die Leeus die Haaie net-net verslaan het in Durban.