89 migrante sterf aan Mauritanië se kus

Minstens 89 migrante is dood en tientalle word vermis nadat hul boot aan die kus van Mauritanië omgeslaan het. Die boot het ses dae gelede van naby die grens tussen Senegal en Gambië vertrek en was met minstens 170 migrante onderweg na Europa. Nege mense, onder wie ‘n vyfjarige meisie, is gered. Volgens ‘n 2024-verslag van die Internasionale Organisasie vir Migrante is dit uiters gevaarlik om die Atlantiese Oseaan oor te steek weens die duur van die vaart na Europa.