Jong Britse sensasie kry voltydse F1-pos by Haas

Motorsport: Die jong Britse jaer Oliver Bearman sal van volgende jaar af voltyds aan Formule Een deelneem met ‘n kontrak by Haas. Die 19-jarige het in Maart beïndruk toe hy Carlos Sainz van Ferrari by die Grand Prix in Saoedi-Arabië vervang het toe die Spanjaard ‘n blindederm-operasie moes ondergaan, en het sewende geëindig. Dit het hom die derde jongste jaer in die geskiedenis van F1 gemaak. Haas gebruik Ferrari-enjins. Bearman het in 2021 by die Italiaanse span se akademie aangesluit en van toe af gevorder deur F4, F3 en F2.