VN sê aanhouding van twee Suid-Afrikaners in Ekwatoriaal-Guinee is onwettig

Die Verenigde Nasies se Werkgroep oor Willekeurige Aanhouding beskou die aanhouding van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee as onwettig en eis hulle onmiddellike vrylating. Frik Potgieter en Peter Huxham word sedert Februarie verlede jaar aangehou op versinde aanklagte te midde van ‘n diplomatieke geskil oor die beslaglegging op bates van visepresident Teodore Nguema Obiang Mangue. Die families se woordvoerder, Francois Nigrini, versoek vinnige optrede om hulle vry te laat omdat hulle onskuldig is en die regte regstappe nie gevolg is nie: