Oudpresident van Honduras tronk toe oor dwelm-misdade

‘n Voormalige president van Honduras, Juan Orlando Hernández, is tot 45-jaar gevonnis in ‘n Amerikaanse tronk vir dwelm-misdade. Hernández, wat in Maart skuldig bevind is aan die invoer van kokaïen en die besit van masjiengewere, word beskuldig dat hy Honduras as ‘n narkotiese staat bestuur. Berigte dui aan Hernández het miljoene se omkoopgeld van dwelmsmokkelaars ontvang. Aanklaers het gesê hy het ‘n kokaïen-snelweg na die Verenigde State gebaan. Hy handhaaf sy onskuld en noem die beskuldigings onregverdig. Hy is ook beboet met 146 miljoen Namibiese dollar.