Gekibbel oor regeringsposte bekommer Outa

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy is bekommerd oor politieke partye se openbare gekibbel oor poste in die regering van nasionale eenheid. Oota se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê dit kan die vorming van ʼn stabiele en volhoubare RNE in gedrang bring terwyl die land dit dringend nodig het. Duvenage sê as meer tyd nodig is om ʼn vriendskaplike en werkbare ooreenkoms te bereik, verkies Outa dat dit ʼn week of twee langer duur eerder as ʼn oorhaastige proses wat tot voortdurende konflik lei.