Dinge raak warm, en lelik in Amerikaanse politiek 

Daar word uit alle uithoeke voorbrand werk gemaak vir beide Donald Trump en Joe Biden wat die week kragte meet in die eerste presidensiële debat in die VSA. Die Demokrate werk hard om Trump as ‘n vyand van vroue se reproduktiewe regte te bestempel en gebruik elke geleentheid daarvoor, soos adjunk-president Kamala Harris hier doen.