Tatjana, Kaylene in die wolke by Spele

Die Suid-Afrikaanse swemmers Tatjana Schoenmaker en Kaylene Corbett is albei deur na môre se 200-meter borsslag-eindstryd. Schoenmaker het haar halfeindronde in twee minute en 19,33 sekondes gewen en was die vinnigste kwalifiseerder vir die eindstryd. Sy was meer as ‘n sekonde vinniger as enige ander finalis. Corbett het haar halfeindronde in ‘n persoonlike beste tyd van twee minute en 22,08 sekondes gewen. Schoenmaker sê hulle is baie opgewonde…