GERD: Uganda staan by Egipte

Uganda het ‘n militêre intelligensie ooreenkoms met Egipte onderteken as gevolg van toenemende spanning tussen Egipte en Etiopië wat deur die sogenaamde Grand Renaissance-dam veroorsaak word. Die dam, wat hidro-elektriseit op die Nyl sal opwek, is reeds jare lank ‘n kwelpunt met Soedan wat ook sy kommer uitgespreek het oor die watervlakke wat onder die damwal in die Nylrivier die grootste kommer wekker. Ugandese owerhede sê hulle maak ook op die Nyl staat en wat ‘n impak op Egipte sal hê, sal ook dieselfde impak op hulle hê.