Kuhn verbeter nasionale gewigstoot-rekord in Kameroen

Namibië het sover gemengde resultate behaal by die 23ste Afrika Senior Atletiekkampioenskap in Douala, Kameroen. Coenraad Kuhn het in die gewigstoot-eindstryd sy Namibiese nasionale rekord tot 17.65 meter verbeter. Hy het in die sesde plek geëindig. Die verspringer Lionel Coetzee is deur na die finaal, terwyl Christine Mboma in die 100m semi-finaal sal meeding. Mboma se afrigter, Henk Botha, gee meer inligting.