Unam, Wanderers het moeilike wegwedstryde

Windhoek Lager Rugby Premierliga-voorlopers FNB Unam en FNB Wanderers het albei vandag moeilike wegwedstryde in Rondte 11. Unam, wat met 44 punte uit 10 wedstryde voorloop, pak die sesde geplaaste Trustco United, op 24 punte, op Trustco United Park. Wanderers, wat tweede is op 42 punte uit nege wedstryde, reis na die kus vir hul wedstryd teen die derde- geplaasde FNB Kudus, wat 32 punte het. Western Suburbs is gashere vir Reho Eagle op Suburbs Park, terwyl Grootfontein die Simonis Storm Dolphins in Grootfontein takel.