Pijoo wil uraan eksplorasie hê

Die Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate sê dat uraan eksplorasie moet voortgaan in sy streek veral omdat die inwoners so erg verarm is. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy die belangrikheid van die Stampriet-bekken aanvaar en verstaan maar, dat hy ten gunste is van die eksplorasie deur die Russe.