Toerisme-syfers lyk goed voor piekseisoen

Volgens Simonis Storm se jongste gasvryheidstatistieke het die persentasie Namibiërs wat gasvryheidsinstansies besoek het tot 17,7 persent in Mei afgeneem, van 19,1 persent in April en 22,5 persent in Mei verlede jaar. Ten spyte van hierdie afname, handhaaf Namibië hoër besettingsyfers in vergelyking met ander streke. Europeërs het met 66 persent van die besoekers die grootste groep gebly, met die meerderheid toeriste van Oostenryk, Duitsland en Switserland. In positiewe nuus het die Namibië Toerismeraad onlangs Discover Airlines se nuwe roete van München na Windhoek verwelkom, wat geskeduleer is om in April volgende jaar in werking te tree. Dit sal reis na Namibië vanaf Europa geriefliker maak en die gasvryheids- en toerismesektor ‘n hupstoot gee. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, gesels oor die statistieke.