Windhoek-Oos kiesafdeling vergader oor grens-veranderinge
Inwoners van die Windhoek-Oos kiesafdeling word uitgenooi na ‘n raadplegende vergadering oor voorgestelde veranderings aan sy grense. Dit het ten doel om menings in te samel oor of die bestaande grense onveranderd moet bly, en of die oostelike grense moet uitbrei om gemeenskappe van Windhoek Platteland in te sluit, met die B6 as die suidelike grens. Die afbakening van grense is van kardinale belang vir billike hulpbrontoewysing en toegang tot noodsaaklike dienste. Byeenkomste sal op 24 Junie by Spesiale Skool Dagbreek in Klein Windhoek en op 25 Junie by Laerskool Suiderhof gehou word. Windhoek-Oos raadslid Brian Black het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.