Gayton McKenzie bevestig steun vir regering van nasionale eenheid

Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, het president Cyril Ramaphosa met sy herverkiesing as president van Suid-Afrika gelukgewens. McKenzie het bevestig die PA het ‘n ooreenkoms met die ANC, IVP en DA bereik om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm. Hy sê kiesers het alle politieke partye ‘n tweede kans gegee om hulle te dien.