VSA deur na Super 8’s van T20 Wêreldbeker

Krieket: Die medegashere, die VSA, het vir die Super 8-fase van die T20 Wêreldbeker gekwalifiseer na hulle wedstryd teen Ierland in Florida uitgereën het. Die ontmoeting Woensdag op dieselfde veld tussen Sri Lanka en Nepal het ook uitgereën en Indië kom vandag daar teen Kanada te staan. Amerika sluit hom by Indië in hulle groep aan om die volgende ronde te haal, wat Ierland, Kanada en Pakistan uitgeskakel het. Suid-Afrika, Australië, Wes-Indië en Afghanistan onder die ander groepe het reeds deurgedring.