Israel belemmer hulplewering in Gaza

Die Verenigde Nasies se hulpagentskap vir Palestyne beskuldig Israel dat hy dikwels hulp aan Gaza belemmer en sy bedrywighede in die gebied kniehalter. Die drywende kaai wat Amerika gebou het, is die enigste toegangspunt vir die meeste hulpmiddele buiten brandstof nadat Israelse magte vroeg verlede maand beheer oor die Rafah-grenspos geneem het. Die Amerikaanse Weermag het hierdie week by die kaai toesig gehou oor die lewering van 1 573 ton hulpmiddele. Die agentskap, wat die grootste hulporganisasie in Gaza is, sê meer as 2 miljoen mense het dringend hulp nodig.