Nawatiseb weer in die hof, skuld blykbaar S&T

Die oud-adjunk inligtingsminister Engelbrecht Nawatiseb is weer in die nuus en weer op die hofrol. Die regering eis betaling van net meer as 86 500 Namibiese dollar by hom. In sy stukke sê die regering dit was S&T wat in 2020 betaal is vir ‘n reis na Spanje maar, dit is as gevolg van Covid gekanselleer. Hy is reeds in Julie 2020 aangeslaan vir betaling maar het tot op hede nie betaal nie. Daar is ‘n tweede eis vir 22 300 dollar, ook in 2020, toe hy te veel betaal is. Hy is daarvoor ook aangeslaan en het nie betaal nie. Nawatiseb het verdediging aangeteken en die saak kom voor vir saakbestuur voor regter Boas Usiku.