Ontwikkelaar lewer 3 uit 506 huise in 2 jaar

Plaaslike berigte lui dat die burgemeester van Oshakati Leonard Hango diep teleurgesteld is in die tempo waarteen BH Properties huise lewer. Die maatskappy het blykbaar nog net drie huise uit die 506 wat ooreengekom is, in twee jaar gelewer. Hy het grond op die dorp bekom om die huise te bou. Die maatskappy het volgens berigte bevestig dat die konstruksie van oorblywende 503 huise môre sal begin. Hy sê die werk moes stop omdat die hoof rioolpyp deur die tradisionele huise se gebied moes gaan en die probleem is nou opgelos. Hango sê op sy beurt BH kon intussen begin het met die diens van die gebied wat kopers sou lok. Die mislukking van behuisingsprojekte is ‘n algemene probleem in die land.