Azapo vra vir ‘n nasionale forum
Azapo doen ‘n beroep op die land en sy leiers om deur middel van ‘n nasionale forum van voor af te begin. Azapo se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê daar is geen party met ‘n groot genoeg meerderheid om met ‘n duidelike mandaat te regeer nie. Rakwena sê enige koalisie of ‘n regering van nasionale eenheid sal die wil van die mense skend en deur selfsugtige en selfbehoudende belange gedryf word. Hy sê so ‘n situasie sal ‘n ramp wees vir die armes wat weer nie gehoor sal word nie.