Sommige partye besig met kiesers, ander weer doodstil

Politieke partye is druk besig met veldtogte regoor die land. In die noordelike streke het die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa ‘n groot groep ondersteuners in Eengolo naby Outapi toegespreek ter viering van Swapo se 64ste verjaarsdag. Die party se jeugliga was ook bedrywig in die Omusati-streek. Die PDM is druk besig op Opuwo en die IPC-party in die Khomas-streek. Volgens die LPM se sosiale media platforms was daar nie enige saamtrekke die  naweek nie en die ander partye, soos Nudo, die APP en die UDM, sowel as die UDF, is almal steeds doodstil.