Amerika skep meer werk as verwag, rentekoers sal dalk hoër bly

Amerikaanse werksgroei het in Mei die skattings verbygesteek, terwyl werkloosheid ook toegeneem het. Dit beklemtoon die arbeidsmark se veerkragtigheid, met beleidsmakers wat probeer om die ekonomie geleidelik te vertraag. Die wêreld se grootste ekonomie het verlede maand 272 000 werksgeleenthede bygevoeg, vergeleke met ‘n hersiene 165 000 in April. Dit was aansienlik meer as die verhoging van 185 000 wat ontleders voorspel het en die hoogste vlak sedert Desember 2023. Met die ekonomie wat teen die verwagting in steeds meer werksgeleenthede byvoeg, verwag ontleders die Federale Reserweraad sal rentekoersverlagings ‘n rukkie langer terughou.