Geen kworum ruk NV tot stilstand

Die Nasionale Vergadering se verrigtinge kon nie vandag voortgaan nie, weens die groot getal parlementslede wat nie vir die sitting opgedaag het nie. Daar was vier lede te min vir ‘n kworum. Dit, terwyl daar 18 items op die agenda is wat bespreek moet word voor 11 Julie, wanneer die parlement weer verdaag. Indien die items nie bespreek word nie, sal hulle verval. Oudpremier Nahas Angula het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê parlementslede moet hulle pligte nakom en hulle werk doen. Die speaker van die VN, Peter Katjavivi, moes maar die sitting verdaag.