Shikongo kry interdik teen Amushelelo

Die dagblad New Era berig dat regter Collins Parker ‘n interdik teen Michael Amushelelo ten gunste van polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo uitgereik het. Shikongo het die hof gevra om Amushelelo te verbied om lasterlike uitsprake oor hom te maak na die noodlottige ongeluk waarin Shikongo in Desember 2022 betrokke was en waarin drie mense dood is. Die interdik vorm deel van ‘n eis vir 1 miljoen Namibiese dollar deur Shikongo teen Amushelelo vir laster. Die saak is tot 26 Junie uitgestel. Die Namibiese polisie het onlangs bevestig die ongeluk word nog ondersoek.