Coenie Botha eis N$6,5m in hoërhof
Die kripto-handelaar Coenie Botha dagvaar die Heritage Hill Village-maatskappy vir 6,5 miljoen Namibiese dollar. In sy stukke sê hy dat sy familie-trust tussen 2005 en 2018 die fondse aan die maatskappy geleen het. Hy maak melding van die feit dat hy die ooreenkoms, as direkteur van die maatskappy, met sy familie-trust beklink het. Erf 164 op Swakopmund, net groter as 4 500 vierkante meter, is as kollateraal ingedien. Botha eis betaling van die bedrag, 20 persent jaarlikse rente en kostes. Regter Boas Usiku sal na verwagting vanmiddag, wanneer die saak voorkom, datums vir indienings bepaal.