Eerste kunsmatige kornea-oorplanting ‘n sukses

‘n 91-jarige man is die eerste persoon in Engeland wat ‘n rewolusionêre kunsmatige kornea ontvang het. Volgens Cecil John Farley verbeter sy sig nou danksy die prosedure. Hy is verheug oor die oorplanting want hy kan sy 85-jarige vrou, Elizabeth, steeds sien. Pasiënte met kornea-skade moet dikwels lank wag vir ‘n menslike oorplanting. Die kunsmatige toestel sal wagtye inkort en die risiko van verwerping van die kornea van ‘n menslike skenker, uitskakel.