Namibië en Duitsland fasiliteer Summit of the Future

Die VN se Summit of the Future wat in September in New York gehou word, word gefasiliteer deur Duitsland en Namibië en die eerste nul-konsep is reeds ingedien. Die beraad word gesien as ‘n eenmalige geleentheid om samewerking oor kritieke uitdagings te verbeter en leemtes in globale bestuur aan te spreek. VN sekretaris-generaal Antonio Guterres sê dit is ‘n gulde geleentheid om verskeie kwessies aan te spreek.