Groente-produksie lyk goed, grense grootliks gesluit
Die Namibiese Akkerbouraad het grenssluitings vir Junie aangekondig. Die land is gesluit vir beet, botterskorsie, kool, Engelse komkommer, alle soetrissies, skorsies eie, pampoen en beide kersie- en ronde tamaties. Spinasie mag ook nie ingevoer word nie. Iceberg blaarslaai, soetmielies, waatlemoen, spanspek, patats aartappels en wortels word toegelaat. Konfyt-tamaties word op ‘n pro-rata-basis ook toegelaat. Die sluitings is daar om die plaaslike produsente te beskerm en lok gereeld reaksie van buurlande uit.