Landbou Sakekamer: Voedselprysinflasie kan later afneem

Die Landbou Sakekamer van Suid-Afrika sê hoewel die voedselprysinflasie steeds hoog is, kan die tweede helfte van die jaar matigheid toon. Prysinflasie het jaar op jaar tot sewe persent toegeneem. Die maandelikse toename kan toegeskryf word aan olies en vette, vleis en melk. Brood en graankosse het onveranderd gebly. Die kamer se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê die onlangse onluste in KwaZulu-Natal sal waarskynlik nie ‘n groot opwaartse neiging vir die binnelandse kosprysinflasie skep nie, aangesien die voorsieningskettings vinnig herstel is: