Cyndi Lauper, 70, hou wêreldtoer later vanjaar
Die Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer Cyndi Lauper gaan van Oktober tot Desember ‘n afskeidstoer onderneem, wat ook haar eerste groot toer in tien jaar sal wees. Die 70-jarige Lauper sal op die The Girls Just Wanna Have Fun-toer in 23 stede regoor Noord-Amerika optree. Dit skop op 18 Oktober in Montreal, Kanada, af. Lauper het twee maal ‘n Grammy ontvang en is veral bekend vir Girls Just Want to Have Fun en Time After Time.