Waaghals klim elke 6 maande TV-toring om gloeilamp te vervang – dis sy werk!

Met die een versigtige trap na die ander het Kevin Schmidt ‘n televisietoring geklim tot hy die piek bereik het, 475 meter bo Suid-Dakota. Elke ses maande klim hy hierdie toring om ‘n heelwat algemene alledaagse taak uit te rig.  Bo-op die televisietoring is ‘n gloeilamp wat elke ses maande vervang moet word. Vir Schmidt, wat al langer as ‘n dekade lank op torings van alle soorte werk verrig, was dit net nog ‘n dag by die kantoor. 

Schmidt is ‘n werknemer by Sioux Falls Tower & Communications en rig torings op en breek hulle af, maar hy doen ook instandhoudingswerk aan hulle. Op sommige dae sal Schmidt soveel as agt torings per dag klim.  In 2015 het ‘n hommeltuig-video waar hy die gloeilamp op die spesifieke televisietoring vervang het, wêreldwyd aandag getrek. Die video is nou meer as 19 miljoen keer gekyk. Die takie, het vir Schmidt elke 6 maande ‘n allemuntige US$20 000 (sowat N$373 400) in die sak gebring. Ongelukkig, met die oorskakeling van analoog na digitaal, is die toring buite Salem in Suid-Dakota een van vele wat afgebreek is.

Foto: USA Today