Hardap-boer skik met Agribank

Agribank dagvaar ‘n Hardap-boer, Rudolf Veldsman vir rondom 6,4 miljoen Namibiese dollar in vier eise. Drie van die lenings, ook die hooflening vir die grond, is in Oktober 2017 aangegaan met een in Augustus 2019. Die bank sê betalings het einde September 2022 gestop en daarom die eis van plaas Concordia wat 4 830 hektaar groot is. Veldsman verdedig die saak maar volgens die jongste statusverslag, het die partye ‘n skikking bereik wat Veldsman nog moet onderteken. Agribank vra vandag uitstel by regter Eileen Rakow sodat dit gefinaliseer kan word.