Peiling toon Nam-jeug hou nie van demokrasie nie

Die Survey Warehouse in Windhoek het sy jongste Afrobarometer-opname voltooi. Dit kyk na hoe Namibiërs verkiesings sien en die stand van demokrasie beskou. Die meeste Namibiërs waardeer verkiesings, en die oorweldigende meerderheid sê hulle voel vry om by enige politieke organisasie aan te sluit en om te kies vir wie om te stem, sonder om onder druk te voel. Meer as sewe uit 10 burgers sê hulle het in die 2019 verkiesing gestem. Terwyl die meeste respondente van mening is dat die verkiesing grootliks vry en regverdig was, meld ongeveer drie uit 10 dat hulle politieke intimidasie of geweld ten minste “‘n bietjie” tydens die verkiesingsveldtog gevrees het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Christie Keulder, ‘n navorser en eienaar van die Survey Warehouse, wat ‘n kort uiteensetting van hul bevindings gee.

Die jeug het blykbaar nie veel vertroue in demokrasie nie. Keulder het meer.