Trump wend hom aan hoogste hof oor skuldigbevinding

Oudpresident Donald Trump vra die Hooggeregshof om sy skuldigbevinding in die swyggeldsaak tersyde te stel. Hy het verlede week die eerste Amerikaanse president geword wat aan ʼn misdaad skuldig bevind is. Dit volg nadat ʼn jurie hom skuldig bevind het op al 34 aanklagte dat hy sakerekords vervals het om tydens sy 2016-veldtog ʼn buite-egtelike verhouding te verdoesel. Die Hooggeregshof oorweeg reeds ʼn ander saak waarin Trump immuniteit van vervolging pleit oor sy optrede ná die 2020-verkiesing, toe hy na bewering by die uitslag wou inmeng.