Gratis grond vir ontwikkeling
Die Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, Erastus Uutoni, het ‘n beroep op die munisipaliteit van Walvisbaai gedoen om gratis grond te verskaf vir broodnodige dienste soos skole en hospitale by Farm 37. Uutoni het tydens Walvisbaai se Fishermen Village and Investment Trust bekendstelling gesê die regering sukkel om grond van plaaslike owerhede te kry en hul pryse is baie duur, wat ontwikkeling in sommige gebiede vertraag.