Onnodig om stemme weer te tel
Terwyl die Verkiesings kommissie besware teen die verkiesingsuitslag oorweeg, stem nie alle politieke partye saam dat daar weer gestem word nie. Die kommissie het 579 klagtes ontvang. Partye soos die MK-party, Vryheidsfront Plus, ACDP en UDM beskuldig die OVK van onreëlmatighede in die stem-opteken proses. Die IVP-president, Velenkosini Hlabisa, sê dis nie nodig dat stemme weer getel word nie omdat party-agente teenwoordig was tydens die telproses.