Damprook regulasies vir Namibië beplan
Esther Muinjangue, adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste het op Wêreld Geen Tabak Dag Vrydag gesê die ministerie werk aan ‘n strategiese plan om tabak produkte in Namibië te reguleer met ondersteuning van die Wêreldgesondheidsorganisasie. Daar is ook planne om die tabakwet te wysig om teen die einde van Junie 2024 damprook-produkte in die land te reguleer. Damprook word gekoppel aan chroniese long toestande en selfs ‘n ernstige siekte bekend as springmielie-long. Wêreldwyd reguleer soveel as 121 lande damprook-produkte. Dit sluit 33 lande in wat die verkope daarvan wil verbied en 87 wat regulasies geïmplementeer het soos ouderdomsbeperkings op verkope, verbod op advertensies en die verbod op damprook in openbare binnenshuise gebiede.