Internasionale Analitiese Chemie-kursus in Centurion

Protechnik Laboratories, ‘n afdeling van Krygkor, sal van Maandag af tot 14 Junie, 22 wetenskaplikes van 14 lande huisves vir ‘n Analitiese Chemie-kursus in Centurion. Die kursus-inhoud is volgens riglyne van die Organisasie vir die Verbod op Chemiese Wapens en fokus op gas-chromatografie-tegnieke vir Chemiese Wapenkonvensie-chemikalieë. Krygkor se uitvoerende hoof, Noel Mkaza, benadruk die kursus se bydrae tot die verbetering van chemiese ontledingsvaardigheid en die versterking van betrekkinge met Afrika-wetenskaplikes.