Partye in Wes-Kaap dien dringende beswaar by OVK in
Talle politieke partye in die Wes-Kaap het ʼn dringende beswaar by die Verkiesingskommissie ingedien in die toegelate tyd wat gisteraand nege-uur gesluit het. Daar is 16 handtekeninge op die brief aan die OVK. Dit sluit in die Vryheidsfront Plus, EFF en GOOD-party. Die partye beweer daar was onreëlmatighede in stemdistrikte en vra dat die stemme oorgetel word. Die OVK-hoof in die provinsie, Michael Hendrickse, sê die besware sal ondersoek word.