DA, EFF kry meer stemme as ANC in buiteland

Die DA het 75,23-persent van die stemme ontvang wat in die buiteland uitgebring is. Suid-Afrikaners in die buiteland het die naweek van 17 tot 19 Mei gestem. Ander partye onder die topvyf is die EFF met 4,4-persent, die ANC met 3,92-persent, RISE Mzansi met 3,54-persent en die Vryheidsfront Plus met 3,03-persent. Altesaam 39 116 kruisies is getrek waarvan 32 bedorwe stemme was. Die uiteindelike totaal is 39 084 geldige stemme.