Mashaba konfronteer Mantashe oor Lilly myn-ramp

Die ActionSA-leier Herman Mashaba het die minister van Energie, Gwede Mantashe, by die Verkiesings-uitslagsentrum in Midrand gekonfronteer oor die 2016 Lilly-mynramp in Mpumalanga. Die oorskot van drie mynwerkers lê nog steeds in ‘n vraghouer. ActionSA beweer hy het drie-miljoen-rand aan regskoste bestee om slagoffers se gesinne by te staan. Mashaba het Mantashe uitgevra oor herwinningspogings. Mantashe het in sy reaksie gesê ActionSA is ‘n politieke party, nie ‘n regsfirma nie.