Blitsbokke verloor teen Ierland in Madrid
Rugby: Die Springbok-sewes sal hul sokkies moet optrek nadat hulle gister op die eerste dag van die Madrid-sewes teen Ierland verloor het. Die Iere was teen rustyd 14-7 agter, maar het die Blitsbokke ingehaal en met ʼn drie twee minute in beseringstyd die wedstryd 26-21 gewen. Dis Suid-Afrika se vierde nederlaag in sy laaste vyf wedstryde teen Ierland. Die Springbok-sewes moet vandag met Nieu-Seeland en Fidji afreken om in Groep B te vorder. Die twee topspanne uit elke groep sal môre in die halfeindronde sake uitspook.