Troef die droogte met bestekopnames 

Die droogte wat Namibië in sy wurggreep het, is onlangs tot ‘n ramptoestand verklaar en is deur verskeie sektore met ope arms verwelkom. Daar is 825 miljoen Namibiese dollar tot Junie volgende jaar daarvoor begroot. Die groter deel, 600 miljoen Namibiese dollar gaan aan voedselbystand, en die res vir landbou, wat dit broodnodig het. Dr. Kobus Laubscher, bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom moedig boere aan om nie in sak en as te gaan sit nie, en gee raad oor hoe om die droogte te troef.