PDM kap Swapo oor droogtehulp-uitsprake

President Nangolo Mbumba het ‘n noodtoestand weens die droogte afgekondig, en boere sal hopelik ‘n mate van verligting kry. Politici het egter hul kommer uitgespreek omdat Swapo beweer dat hulle deur die noodtoestand na Namibiërs omsien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringome, wat sê die droogtehulp is noodsaaklik, maar hy is ontsteld oor die uitsprake deur die regerende party.